Shimmy Isaacs was van haar geboortedorp Worcester tot op verhoë in Londen, Skotland, New York en Amsterdam op die planke en is nou terug met haar vyfde eenvrouvertoning, ʼn spesiale stand-up komedie produksie, Moenie!!
Die produksie vergelyk Shimmy se lewe met dié van haar vriende, familie en aanhangers voor en nadat sy roem verwerf het.
Shimmy het geleer dat bekendheid met ʼn prys kom – soos die prys om vir foto’s te poseer wanneer dit 45 grade is, selfs wanneer die tannie nie weet hoe die foon se kamera werk nie, en, beroemd of te not, ʼn mens moet nog steeds jou familie hanteer – soos om jou broer se nuwe meisie te ontmoet en te probeer verduidelik hoe belangrik dit is om nugter en sonder koolhidrate en geheime te leef.
Moenie!! stel karakters bekend wat slim geskep word deur fisieke komedie en nabootsing, met Shimmy se aanbiedingstyl wat hulle onmiddellik herkenbaar maak.
Met: Shimmy Isaacs
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Kaartjies: R120
Plek: Artscape Fluweelkamer
Datum: Vrydag, 26 April 2019 | 20:30 – 21:3