Na jare se smeek en pleit van die kykerspubliek is die immergewilde Molly en Wors terug! Diè keer op die verhoog! Gehore kan uitsien na vlymskerp humor, soos net Willie dit kan doen. En die tema: Die Geheim van ‘n gelukkige huwelik – is ‘n geheim.
Kom knik kop met herkenning van hoe dit in meeste huwelike gaan. Soos altyd in Willie Esterhuizen se werk, is dit humor met hart. Heerlik snaaks, voelgoed, maar ook verrassend en warmhartig. Saam met Lizz Meiring as Molly, vorm hulle ‘n gedugte span en die vonke spat.
Vervaardig deur: Artist Warehouse, Westel Productions en Lizz Meiring Produksies
Teks: Willie Esterhuizen
Regie: Pieter Esterhuizen
Stel ontwerp: Willie Esterhuizen
Kostuums: Hollywood Costumes
Musiek: Toby Esterhuizen
Tegnies/Verhoogbestuur: Yvette Hanekom
70 minute
Geen pouse
Geen onder 14 – enkele kru taal
4 – 8 November om 20:30 en ook Saterdag 8 November om 14:00 by Die Boer in Durbanville.
Kaartjies kos R 300 en is beskikbaar by 021 979 1911 / www.dieboer.com

