In Mutton Hour bring van ons voorste teaterlui kort stories oor liefde, verlies, krokodille en katte na die verhoog -lekker lawwe verhale vol humor, musiek en kamishibai, die Japannese tegniek van geïllustreerde storievertelling.
Dié produksie sal jou ná twee jaar van pandemie-grendeltye weer van voor af lief maak vir teater.
Geskryf deur: Jemma Kahn, De Klerk Oelofse, Cintaine Schutte en Gideon Lombard
Regie: Gideon Lombard
Met: Cintaine Schutte en Wilhelm van der Walt
Vervaardiger: Cintaine Schutte
Woordfees
10 – 16 Oktober 2022
SU Museum Annex, Stellenbosch
Kaartjie pryse by Woordfees is R200 online en R230 by die deur.
Webtickets https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1518128419
