As jy dink jou lewe is ingewikkeld, plaas jouself vir ‘n oomblik in John Smith se skoene, daardie taxi-bestuurder van My Vrou se Man se Vrou met twee vrouens, en nou ook twee gesinne!  Dis reg, in My Boetie se Sussie se Ou is dit agtien jaar later en hou John steeds twee families in verskillende dele van Londen aan, beide dolgelukkig en salig onbewus van mekaar.  Maar wanneer sy twee tieners, ‘n dogter van die een gesin en ‘n seun van die ander, mekaar op ‘sosiale media raakgesels en angstig besluit om mekaar in die persoon te ontmoet, versnel John se reeds gejaagde lewe tot in die hoogste rat, en moet hy spook om hulle uitmekaar te hou.  My Boetie se Sussie se Ou is onder die regie van Suid-Afrika se eie klugkoning Frans Swart.  My Boetie se Sussie se Ou speel vanaf 24-27 Junie 2025 by die Fairtree Atterbury Teater in Pretoria.

Rolverdeling vna MY BOETIE SE SUSSIE SE OU het ook onlangs ‘n Naledi-nominasie ontvang vir Beste Ensemble-spel.  Regisseur, Frans Swart se dat hy baie dankbaar is vir die nominasie.  “Die klug bly een van die moeilikste genre om op te voer.  Met die jong akteurs is dit so lekker om te sien hoeveel energie hulle in die produksie sit en hoe lekker hulle saamspeel.  Die energie is beslis aansteeklik!”

Besprekings vir al die vertonings kan by www.LTickets.co.za 0118153000 of by www.myboetie.co.za . 

In My Boetie se Sussie se Ou ontmoet ons weer vir John Smith (Phillru van Achterbergh), die Londense taxibestuurder wat saam met sy vrou Mary (Marissa Claasen) in Highgate gewoon het… en ook met sy vrou Barbara (Danielle Britz) in Finchley, net vier minute uitmekaar.  Vicky (Nikita Meyer), John en Mary se dogter en Gavin (Stefan Lotter), seun van John en Barbara Smith, ontmoet in ‘n internetkletskamer en is angstig om in persoon te ontmoet.  Hoekom nie?  Hulle het dan soveel in gemeen, insluitend ‘n taxibestuurder-pa genaamd John Leonard Smith… wat natuurlik dieselfde persoon is.  Wanneer John van hierdie jong internetromanse te hore kom, moet hy behoorlik bontstaan om sy “kinders” uitmekaar te hou en sy dubbelle lewe geheim te hou van sy kinders sowel as sy vrouens!  John klop natuurlik by sy vriend Stanley Gardner (Botha Enslin) aan om hulp, wat skreeunsaakse leuens, verwarrende identiteite en geheimsinnige foonoproepe gebruik om John se agterwêreld te red..  En wanneer Stanley se seniele pa Dêda (Nico Loubser) opdaag vir ‘n vakansie , is die gort behoorlik gaar.

Regisseur Frans Swart sê My Boetie se Sussie se Ouis natuurlik een van daardie klugte wat oor al die elemente beskik om mense aan die lag te kry en aan die lag te hou.  “Daardie ‘laugh per minute’.  En dis presies wat ons met My Boetie se Sussie se Ou wil doen.  Mense moet net kom lag en ontspan oor die manewales van John Smith en sy twee gesinne.  Die wetenskaplikes sê mos daar is niks wat ’n mens beter laat ontspan as lag nie.  En daarom is dit vir Lefra Produksies so ’n eer om hierdie produksie op te voer.  Mense wil nie meer wroeg nie – daarvoor sorg ons politiek beslis baie goed – ons mense wil lag.  En dis juis wat My Boetie se Sussie se Ou gaan bring.”

Swart voeg ook by dat dit nog altyd vir Lefra Produksies belangrik is om met die produksies te toer.  “Alhoewel dit uit ’n logistieke oogpunt ’n nagmerrie is om met so ’n groot rolverdeling en stel te toer, gaan ons beslis die pad die land vol vat en dit moontlik maak vir die hele land om die produksie te sien.”

My Boetie se Sussie se Ou
My Boetie se Sussie se Ou

Lewer kommentaar

Leave a Reply