Hierdie winter hinkepink die komediant Nik Rabinowitz triomfantlik terug na Die-teater in Durbanville vir sy splinternuwe skepskerts vertoning-  Geriatric Millennia  – ‘n vertoning wat perfek opgesom word deur die frase “It’s never quite was the same” – woorde wat hy nou gebruik om sy lendelam knie, sy sekslewe en sy vermoë om na 9pm wakker te bly, te beskryf (onthou toe ‘n deurnag beteken het om tot dagbreek te klub, nie net ses keer opstaan om te piepie nie?) Lag totdat jou rug in ‘n spasma gaan of jou Apple Watch herinner jou daaraan dat dit tyd is vir jou medikasie.

Donderdag 26 Junie om 20h30 by Die Boer in Durbanville

Kaartjies kos R250 en beskikbaar 021 979 1911 en aanlyn www.dieboer.com

Nik Rabinowitz in Geriatric Millennia
Nik Rabinowitz in Geriatric Millennia

Lewer kommentaar

Leave a Reply