My boetie se sussie se ou

Die klug, My vrou se man se vrou, het duisende mense tussen die stoele laat rondrol van die lag. en die opvolg My boetie se sussie se ou beloof om daardie lagspiere nog meer te kielie in 2004!

Dit is nou 18 jaar later en John Smith is steeds ´n Londense taxi bestuurder, woonagtig in Highgate met sy vrou Mary en in Finchley met vrou Barbara. Hy is baie suksesvol in die uitleef van hierdie dubbele rol, maar sy twee kinders uit beide huwelike maak dit by die dag moeiliker om die geheim bewaar te hou!

Pierre van Pletzen het die Afrikaanse vertaling van Ray Cooney se Caught in the Net waargeneem en die resultaat is histerie op sy beste. En met ´n briljante komediant soos Tobie Cronjé in die rolverdeling beloof dit vermaak uit die boonste rakke. Ander spelers is Neels Coetzee, Hendrik Baird, Karin van der Laag, Heidi Mollentze, Hannes Brummer en Minette Smit.

skrywer: Haydee Hollander

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar