Ek sê aan Charlize dat Chanelle seker geskrik het vir Caty. Charlize lyk nou weer kwaad en vra wat die tert in haar huis doen. Sy sê dat sy nou genoeg van my kak gehad het. Sy het gedink dat ons dalk weer dinge kon uitwerk. Sy sê aan my dat ek my goed moet vat en trek. Srakasties noem sy dat ek ook nie juis veel het om te vat nie en dat dit maar net ek en die tert is wat moet fokkof dan is die plek weer hemel op aarde. Ons redekabel vir so tydjie lank. Sy maak nou al bewerings dat ek met my kinders lol. Ek gee haar toe ‘n vet klap. Ek steur my nie veel aan die ander beledigings nie, maar wanneer dit by my kinders kom dan kak al wat voorkom. Nou dat ek weer aan die kinders dink, het ek begin wonder hoe jy die kind stil gekry het. Jy kom aan gehardloop en sê dat ons gou moet gaan kyk. Jy is sopnat. Daar het glo iets verskrikliks gebeur. Jy lei ons na die swembad toe. Chanelle lê op die rand. Sy is blou. Wat het met my kind gebeur? Charlize skreeu histeries. Jy verduidelik dat jy die kind gehoor skreeu het. Jy het haar blykbaar gesoek en toe sien jy iets in die swembad. Jy het toe soontoe gegaan om te kyk wat dit is. Toe jy sien dat dit een van die tweeling is, het jy in die swembad gespring om haar te red. Ek haal my selfoon uit om ‘n dokter of ambulans te ontbied. My hande rattle te veel en ek kan nie die knoppies druk nie. Heel ontspanne bied jy toe aan om dit vir my te doen. Jy fluister in my oor dat Chanelle nie sou stil gebly het oor die lyk nie. Jy moes haar met ‘n mes tot na die swembad lei waar jy haar verdrink het. Jy moes net so gou moontlik iets doen. Ek is stom geslaan. Nou het jy te ver gegaan. Sy was my kind. Ek besluit net daar en dan om ‘n einde tot al die drama te bring. Wanneer my kinders ingesleep word sal ek maar eerder oorgee.
Ek loop in die huis in om my pistool te kry. My ander twee kinders volg my orals waar ek loop. Ek dink dis seker maar skok. By die kluis haal ek my pistool uit. My seun kyk na my met oë so groot soos pierings. My kinders klou aan my soos kak aan ‘n wolkombers. Toe ons weer buite kom is jy en Charlize besig om te redekabel. Charlize kan nie verstaan hoekom sy die skreeu geluide vanuit die huis gehoor het, as Chanelle dan by die swembad was nie. Toe Charlize omdraai om my van haar bewerings te vertel druk jy ‘n mes in haar sy in. Jy het mal geword. ‘n Tweede en ‘n derde steek. Charlize val op die grond. My kinders skreeu en hardloop weg. Jy wil hulle agterna sit. Hier stop dit vandag, want as ek dit nie stop nie is ek of my ander twee kinders dalk volgende in jou slag. Ek rig die pistool na jou kop toe. Ek voel nie eers bang nie. Ek trek die sneller sonder twyfel. Jou harsings sprei oor die swembad oppervlak. Dit voel of alles in slow motion gebeur. Ek is nou soos ‘n dier. Ek hoor hoe roggel Charlize. Nog ‘n skoot klap. Ek het haar van haar pyn verlos. Dis net bloed waar jy kyk. Ek wil net moor. Ek kyk rond of daar nie dalk nog iets is om te verwoes nie. Toe ek my kinders by hulle ma sien en huil, tref die werklike my. My kinders is bang vir my. Ek sal seker tronk toe gaan vir my dade. Hoe gaan ek aan hulle verduidelik wat ek aangevang het. Daar is geen uitkomkans vir my nie.
Ek sak tot op my knieë. Ek sê aan my kinders dat hulle nooit moet vergeet dat ek dit vir hulle gedoen het nie. Daar gaan baie vrae deur my gedagtes. Hoekom het ek dit gedoen? Waar sal my hulp vandaan kom? Kon dinge anders uitgewerk het as … Waarnatoe sal ek nou gaan. Waarnatoe sal my kinders gaan. Waarnatoe, waarnatoe? Ek lig die pistool tot teen my slape. Die laaste ding wat deur my kop skiet is ‘n …
skrywer: Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
