Ek vertel aan jou dat jy so baie vir my beteken en dat jy jou liefde aan my moet bewys. Ek vertel ook dat ek die swarte uit liefde uit vir jou vemoor het. Jy sê dat jou liefde vir my nog sterker is en dat jy enige iets vir my sal doen. Ek sê toe dat ek bly is en vertel jou my plan. Jy lag en sê dat jy gedink het ek beplan iets veel erger. My plan is om n skynbare inbraak in my huis te maak. Ons verkoop sodoende al die goed en betaal vir Shaun om sy bek te hou. Jy sê dat jy nie so seker is oor daardie een nie en dat jy maar eers met Shaun sal gaan praat om hom weer te oortuig om sy smoel te hou. Geld sal hom in elk geval net vir ‘n kort tydjie stil hou. Ek sit en wag by my paleis op jou. Jy is na Shaun toe om hom te oortuig. Dit is al na ag in die aand en jy is nog nie hier nie. Ek word bly toe ek jou motor hoor. Ek het skaars die hekke oop gemaak toe vlieg jy al in. Ek ontmoet jou voor die deur. Jy is uit asem en vol bloed. Ek is bekommerd oor jou en vra jou toe hoe jy so seer gekry het. Jy sê toe dat ek my nie so onnosel moet hou nie en dat ek jou moet kom help met Shaun. Jy maak jou motor se kattebak oop en wys na Shaun. Fok, skrik ek toe ek die lyk sien. Iemand het hom met ‘n mes gesteek. Ek sê toe vir jou dat jy hom eerder hospitaal toe moes geneem het, en dat jy die saak by die polisie moes gaan aanmeld. Jy kyk my snaaks uit en vra of ek gesuip is. Jy sê dat jy dit vir my gedoen het. Ek vang wat jy vir my sê. Jy het hom dood gemaak sodat hy nie kan uitpraat nie. Op hierdie stadium hoef jy nie meer vir my bang te wees nie maar ek vir jou. My voorvalletjie met die swarte was maar op die toegewing van die oomblik. Wat gaan ek nou doen? Jy help my nie regtig op die manier nie. Jy vra dat ons ‘n plan moet maak met die lyk. Jy het glo van mense gehoor wat ‘n lyk opgesny het, hom gevries het en elke dag maar ‘n stukkie geëet het todat hy klaar was. Nou word ek eers bang vir jou. Jy sê dat ek nie net daar moet staan nie en dat ek jou moet help. Help ek jou regtig as ek van die lyk ontslae raak. Miskien moet ek jou by die polisie oorgee. Jy is ‘n moordenaar.
Ek help jou om die lyk uit die kattebak te haal. Ons plaas hom op die grond neer. Ek vra toe aan jou wat ons nou met hom sal doen. Jy sê dat ek eers vir hom moet plek soek en dat jy nog sal dink wat ons gaan doen. Ek vra jou toe of jy gesuip is. Ek kan nie ‘n lyk by my in die huis hou nie. Dit is Charlize se huis. Sy kan my enige oomblik uitskop. Jy dring daarop aan. Jy laat my verstaan dat jy dit vir ons gedoen het en jy verseker my dat alles sal uitwerk. Ek het nie juis ‘n keuse nie en help jou met die lyk in die huis in. Soos ons met hom sukkel, val daar net bloed orals op die matte en vloere. Of Shaun nou van die eerste spaarkamer sal hou, sal ek nou nie weet nie. Ons le hom sommer daar op die mat neer. Ons probeer darem die meeste bloed van al die plekke af te verwyder. Jou motor se kattebak is ‘n ramp. Ek stel toe voor dat jy jou motor inneem vir ‘n was. Jy kan die wassers maar net sê jou man het die naweek ‘n bees geslag ensovoorts. Ons besluit toe om vroeg in te kruip sodat ons vars kan opstaan om helder oor alles te dink. Jy kan sommer by my oorslaap.
Toe ek in die oggend ontwaak het jy alweer oor geneem en vir my ontbyt gemaak. Die keer steek dit so effens af by die ander kere sin. Daar is maar net toast. Seker omdat ek niks anders as brood kan bekostig nie. Ek hoor die klokkie. Daar is iemand by die deur. Dit kan net Charlize wees. Sy is die enigste persoon wat by die hekke kan in. Ek onthou nou ek het gevra dat sy die kinders oorbring vir die dag. Die kinders is so bly om my te sien . Ek sien dat die kinders die bloedmerke op die mat gewaar. My aandag word van hulle verwyder deur my vrou. Sy sê dat sy nie gaan bly nie en dat sy die kinders so 4 uur gaan oplaai. Sy wil loop maar ek kan sien daar is iets wat sy nog wil sê of doen. Sy sê toe dat sy maar moet gaan werk. Sy vra my in dieselfde asem of ek nie meer werk nie. Ek se toe aan haar dat ek ‘n paar dae verlof ingesit het. Meteens hoor ons ‘n gil uit die huis. Dis Chanelle my dogter. Ek kan my sommer indink hoekom sy so gil. Sy het seker die bloedspatsels gevolg.
skrywer: Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot

Lewer kommentaar