Waarnatoe … 18

Dit is Maandag en ek sit by die werk. Ek wil nie my gesig by die deur uit steek nie omdat ek bang is iemand herken my dalk. Gelukkig was daardie program redelik laat in die aand op. Ek glo en hoop nie dat die mense dit regtig gekyk het nie. Die foon lui. Ek is amper te bang om te antwoord. Ek antwoord toe maar die foon. Ek stotter as ek hallo sê. Dis jy. Jy laat ook nie op jou wag nie en vra my sommer reguit uit of dit ek was wat die man vermoor het. Ek verduidelik dat ek nie oor die foon iets wil sê nie en dat ons erens vir lunch moet ontmoet. Dit is eenuur en ons het mekaar by Sally`s Corner ontmoet. Jy sê dat jy die waarheid wil weet en dat dit die enigste manier is wat jy my kan help en bystaan. Ek besluit maar om jou te vertel. Ek is self nie seker hoekom nie, maar ek voel dat ek jou kan vertrou. Ek sê toe dat ek amper nie eers meer kan onthou nie aangesien dit al so 5 jaar terug was. Al wat ek kan onthou is dat ek baie ontstel was omdat jy aangerand was, en toe iets of iemand gesoek het om my frustrasies op uit te haal. ‘n Traan drup van jou wang af. Ek druk jou vas. Nie regtig omdat ek jou wil troos nie maar omdat ek bang is. Ek vra jou toe uit wat Shaun se reaksie en gevoelens is oor die hele ding. Jy sê my toe dat julle nie weer met mekaar gepraat het nie. Jy meld dat jy op sy gesig kon sien dat hy moeilikheid wil maak. Ek sê toe aan jou dat ons hom moet stop en dat ons nooit bymekaar sal wees as hy my nou moet gaan aangee nie. Ek sê toe dat ek baie lief is vir jou en vra dat jy my moet bystaan deur dik en dun. Jy sweer toe dat jy by my sal staan. Ek vra jou toe hoe ons Shaun sal kan stil maak. Jy sê dat ons nog nie moet spoke opjaag nie. Jy verduidelik aan my dat jy eers weer sal goed bevriend raak met hom om presies uit te vind hoe hy voel.

Daar beweeg twee konstabels in ons rigting. Ek staan op en loop vinnig in ‘n ander rigting. Fok maar dit was amper. Hulle gaan net koffie of iets koop. Ek dink by myself dat ek maar net ‘n bietjie paranoïs is. Ek loop toe weer terug na ons tafel toe. Jy sê toe dat ek nooit weer so moet maak nie, aangesien dit my skuldig sal laat lyk. Hoor hierso, het jy nie geluister na wat ek jou vertel het nie, ek is dan skuldig, dink ek by myself. Jy sê toe dat ek dalk n vermomming of iets moet kry. Ek sê toe dat ek nie dink dit sal werk nie omdat ek nie by die werk ingelaat sal word nie. Hulle sal my nie herken nie. Jy sê toe dat jy net gedink het aan ‘n haarkleur of iets. Ek sê aan jou dat n haarkleur nie sal werk nie aangesien die foto in swart en wit was. Jy kan ook maar met die stupidste goed vorendag kom. Jy is ook nie regtig van veel hulp nie. Ek kan in elk geval van vermomming vergeet. Shaun het my al klaar gesien. Ek vra jou toe of jy nie weer met Shaun wil kontak maak om meer informasie uit hom te trek nie. Jy stem toe saam en herhinder my aan jou belofte. Jy het mos belowe om my te help waar jy kan.

Lunch is verby en ons is weer terug by die werk. My baas kom toe na so tydjie by my aan en vra of iets fout is. Hy se dat my gesig so (ek het gedink hy gaan se soos die persoon op die kassie sin lyk) bleek lyk vadag. Ek weet ook dat ek nie ‘n dag siekverlof sal kan kry nie, want hierdie oom is taamlik wys. Ek werk mos nie meer in Vereeniging nie. Daai baas was ‘n dom doos. Ek sê toe vir hom dat my tante siek is en dat ek bekommerd is. My baas vra my toe wat fout is met haar. Ek moet nou weer vinnig dink. Ek maak asof ek wil begin huil en vee ‘n kamtige traan van my wang af. Ek het daardie toneelspel net gedoen om bietjie tyd te wen om te dink wat fout is met my tante. Ek sê toe dat sy kanker het en op haar sterfbed lê. My baas stel toe voor dat ek ‘n dag of twee afvat om oor die ding te kom. Hy is ook maar nie so wys soos wat ek gedink het nie. Ek sê toe dankie en sê ek wil so gou as moontlik loop om vir haar ‘n laaste woordjie of twee te sê. Yes, nou kan ek uit die publiek kom. Hoe langer ek uit die publiek se oë bly hoe beter. As van hulle my foto op TV gesien het, sal hulle na so afloop van tyd my gesig vergeet. Jy bel my toe op my selfoon. Jy is baie onsteld. Jy sê dat Shaun my wil aangee. Die bliksem! Ek sê toe dat ons so gou as moontlik iets moet doen om hom stil te maak. Ek het klaar iets in gedagte. Die ding is nou net om jou te oortuig.

skrywer: Charl Viljoen

Charl Viljoen
Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot

Lewer kommentaar

Leave a Reply