Dit is laatmiddag en die vuurtjie brand al lekker. Jy en Shaun kom sommer saam deur. Toe julle hier instap kan ek nie help om vir Shaun te lag nie. Hy lyk snaaks met die groot verband ding op sy neus. Hy wou mos met my kak soek. Ek wonder of hy maar net dronk was en of hy regtig met my seksueel wou verkeer. Maar in elk geval hy het gesê ons moet dit vergeet. Ek vra om verskoning vir die kombuis wat so effens deurmekaar is. Die servants is saam met my vrou hier weg. My vrou was ‘n hele paket. ‘n Lewensmaat, geldautomaat en ma vir my kinders. Ek het nogal goeie tye saam met Charlize geken. Om die waarheid te sê, jy het eintlik net stront in my lewe gebring. Ek weet nie eers regtig hoekom ek nog wil probeer nie. As jy by my wou gewees het, hoekom maak jy nie nou jou move nie. Ek is nou vry. Jy wag seker todat ek weer iemand in my lewe het, dan probeer jy eers weer. Ek gesels meer met Shaun as met jou. Ek wil jou net wys dat jy my nie weer so maklik sal kry nie. Shaun vertel my dat ons nou best buddies sal word a.g.v. ons onderonsie. Ek weet nie so mooi daarvan nie. Hy moet nie vergeet hoekom ek hom so gemoer het nie. Op daardie oomblik vra jy wat nou presies tussen die twee van ons gebeur het. Ek sê toe sommer onmiddellik dat Shaun maar op daardie vraag kan antwoord. Hy sit terug en dink eers so bietjie. Nou het ek die vent in ‘n hoek. As hy jou vertel sal jy niks meer met hom te doen wil hê nie. Hy probeer uitkom en sê dat hy redelik getrek was en dat jy my eerder moet vra. Jy maak toe so. Ek is nou nie so mooi seker of ek jou moet vertel wat regtig gebeur het nie. Miskien was ek net gesuip en het dalk alles net verbeel. Ek sit toe aan, en sê dat hy ‘n fout maak as hy wil hê jy moet my vra. Sy oë rek nou. Ek sê dat ek so besope was by die jol dat hulle my moes motor toe sleep. Ek het van daar-af glo uitgesny. Shaun lyk nou weer kalm en se “Oo is dit wat gebeur het” Ek sê toe dat die vuur besig is om uit te brand en dat ons maar die vleis kan begin braai. Vandat ek die nuwe blaadjie in my lewe oor geslaan het, wil ek nie meer so baie drink nie. Daar is niks drank hier by die braai nie (ek het ook nie geld vir drank nie, my goudmyn is weg). Drank maak nogal ‘n moerse verskil aan die atmosfeer by geleenthede. Tussen die drie van ons is dit net jy wat redelik gemaklik is sonder die drank. Jy het drank heeltemal gelos weens die feit dat jy n alkoholis was. Minstens kan ons soos normale mense optree. Ag nee deksels! (ek wou ‘n ander woord gebruik het, maar a.g.v. die nuwe blaadjie het ek fok maar gelos). So kan dit nie aangaan nie. Dis te boring. Ek wou nog vra of julle nie na ete iets wil gaan drink nie, toe ek besef dat ek nie geld oor het nie. Dit is nogal ‘n probleem vir my. Dit is nou eers in die helfde van die maand en my geld is al op. Ek sal maar by Charlize moet gaan aanklop. Ek sal maar moet gatkryp vir eie gewin. Dit is nou as sy vir my slingse woorde en verduidelikings sal val.
Ek moet sê jy en Shaun irriteer my nogal vanaand. Jy is so average en hy is bot. Ek wonder nou self of ek nie ook dalk verslaaf aan drank is nie. Ek kan my net nie self geniet nie. Alles en almal is nou so vaal. Ek is gewoond dat daar altyd ietsie te drinke is op geleenthede. Ek en Charlize het omtrent elke aand ‘n geleentheid gehad.
Ek moet sê dit is die eerste keer in ‘n lang tyd dat ek kos so geniet het. Wanneer mens drink dan voel jy gewoonlik nie meer lus vir kos nie. Na ete trek die spul van ons toe maar na die TV kamer toe. Die meubels is alles nog darem hier. Ek weet ook nie vir hoe lank ek hier gaan wees nie. My gedagtes flits vinnig oor ‘n idee om geld te kry. ‘n Skynbare inbraak sal my baie geld in die sak kan bring. Ons kyk na ‘n program oor persone wat gesoek word vir moord, korrupsie ens. Dis nogal baie interessant. Almal van ons beweer dat ons van die persone al erens raak geloop het. Daar is die een dokter wat beweer het dat hy glo die wereld se eerste suksesvolle hartoorplanting gedoen het. Dit was immers nie hy gewees nie, maar ‘n dokter Nkosi Thabana. Daar is vele gesigte van skirminkels. Daar kom die grootste skok in my lewe. Hulle soek na ‘n persoon wat so effens op my lyk. (die tekening is nie baie duidelik nie). Hy word gesoek vir die moord op Moses Molopo. Die Moses lyk nes die swarte wat my penis pump verwoes het. Ek voel bang. Iemand moes my gesien het daardie aand. Jy maak nogal ‘n grap deur en sê jy ken daardie persoon. Jy sê dat hy amper soos ek lyk. Nadat jy vir so rukkie na die foto op TV gestaar het, se jy dat jy dit bedoel. Toe hulle die omgewing sê waar die verdagte hom kan bevind, weet ek dat hulle van my praat. Ek dink julle besef dit ook al teen die stadium. Nie een van ons sê ‘n woord nie. Jy sê dat jy moeg voel en eerder wil gly. Shaun stem saam. Julle groet half ongeskik. Julle lyk bang vir my. Wat nou? Sê nou julle meld my by die polisie aan. Ek is nie so bang vir jou nie, maar Shaun sal my om elke hoek en draai probeer verongeluk. Nou is ek diep, diep in die kak!
skrywer: Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
