Waarnatoe … 16

Toe die motor stop wonder ek of hy my nou wil donder oor sy dop of oor Caty of iets. Hy het my nou wel geklap, maar ek is so effens groter en beter gebou as hy, so hy kan nie regtig iets aan my doen nie, of so dink ek. Ek is ook nie meer so lekker by van al die dop nie, maar hy is nou heel anders. Amper die vriendlikheid vanself. Hy vra my toe of ek al saam met ‘n man geslaap het. Ek antwoord hom en sê ek het nog nooit nie, en dat ek ook nie beplan om dit te doen nie. Hy vertel my dat dit die beste seks is wat ‘n man kan hê. Hy begin my betas. Ek keer hom ook nie werklik nie want mens weet nooit nie, dit kan dalk lekker raak. Hy soen my in die nek. Nou raak dit so effens grillerig. Hy maak my ritsluiter los en begin met my speel. Dis nou genoeg. Nou kan ek hom goed terugkry. Ek stamp hom met die elmboog in die ribbes. Toe hy buig en na sy asem snik, donder ek hom op sy neus. Dit is net bloed waar jy kyk. Ek like dit nogal en gee hom nog ‘n paar houe. Hy is nou al goed opgefok. Hy skreeu dat ek moet ophou en dat sy neus gebreek is. Fok ek sal hom by ‘n hospitaal moet kry. Hy bloei verskriklik. Ek trek hom oor na die passasierssitplek en neem beheer oor sy motor. Die naaste hospitaal is Milpark. By die ongevalle stuur ek hom toe in. Die hospitaal het vir my baie geskiedenis. Ek het my vrou (amper my eks) hier ontmoet toe ek vir jou kom kuier het. Hulle neem toe vir Shaun op. Sy neus is baie erg gebreek. Wat moet ek nou doen? Ek het die man se motor en sleutels en ek moet by die huis uitkom. Ek sê toe vir die suster dat ek die man wat ek nou ingebring het se motor na my huis toe sal neem, en dat sy dit aan hom moet oordra. Daar is baie bloed op sy siplek en steurwiel. Gellukkig is dit nie my motor nie. Ek neem toe sommer sy baadjie om darem die meeste van die bloed te verwyder. Ek wil darem nie soos ‘n moordenaar lyk as ek by die huis aankom nie. Dis weer Sondag-oggend en ek het lekker laat geslaap. Amper vergeet ek van die motor. Ek bel die hospitaal om te hoor of hulle hom gesê het van sy motor. Hulle sê my toe ja maar dat hy al klaar ontslaan is. Fok hoe spoor ek hom nou op. Ek sal jou maar moet bel om te hoor waar ek hom kan kry. Toe ek met jou oor die foon praat is jy omgekrap deur my. Jy het al klaar die hele verhaal gehoor. Jy vertel my toe dat Shaun jou gekontak het om te weet waar ek bly. Hy het sy motor glo as gesteel aangemeld. Hy het ook nie die werklike storie vir jou vertel nie. Volgens jou het ek hom aangerand. Die kont! Hy maak alles net erger. My lewe is al klaar so vol spanning. Ek sê toe vir jou dat ek die motor na jou huis toe sal neem en dat jy alles met hom moet reël.

Later bel jy my terug en se dat alles OK is, en dat hy sy motor as gevind aangemeld het. Ek moet die motor net so ongeveer 11 uur by jou huis hê. Ek kan egter nie meer wag om jou te sien nie. Charlize het eindlik net my lewe opgefok. Al waarvoor sy goed was, was die geld en drie stunning kids.

By jou huis weet ek nie hoe om teenoor Shaun op te tree nie. Shaun tree verstandig op en sê dat alles maar net ‘n fout was en dat ons dit moet vergeet. Ek is bly. Jy sê toe nogal dat ons vanaand iets moet doen om die slegte vibe van ons rue af te haal. Ons besluit toe almal op ‘n braai by my mansion (terwyl ek dit nog het). Ek kan sien dat jy nie daarvan hou om kant te kies nie. Jy is afsydig teenoor my en Shaun.

skrywer: Charl Viljoen

Charl Viljoen
Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot

Lewer kommentaar

Leave a Reply