“Hallo jy. Wat sit jy so alleen?” vra sy my. Ek is bly want sy is nogal Afrikaans ook. Ek sê aan haar dat ek op my vriend wag wat net gou alkoholiese verversings gaan koop het. Sy vra of sy my kan besig hou tot Geo terugkom. Nog voor ek kan ja sê, skuif sy ‘n stoel uit en gaan sit. Sy sit haar handsakkie op die tafel. Die is ook so klein daar kan skaars ‘n kondoom inpas. Sy begin met die gesprek deur die algemene goed te sê en te vra. Sy vra my nogal of ek ‘n vriendin het. Dit wys my dat sy belangstel in my. Die atmosfeer is nog styf. Ek vra haar of sy iets wil hê om te drink. Ek vra haar toe wat dit sal wees, en sê ek sal vir haar kry. Ek vra haar om net daar te wag en dat ek sommer vir Geo sal vra om vir haar saam te bring. Toe ek weer by die tafel kom is een van haar vriendinne ook daar. Sy het geen ringe of tatoes nie. Sy stel my voor aan haar vriendin. Lezel is haar naam. Lezel praat maar min en lyk na die skaam tipe. Ek is in elk geval meer geïnteresseerd in die christmas tree (glo die ordentlike chic).
Die bar was omtrent vol en Geo daag nou eers op. Hy vra aan christmas tree hoe dit gaan en stel voor dat sy hom ‘n drukkie gee. Hulle ken mekaar. Ek vra toe vir Geo van waar af hulle mekaar ken. Hy sê toe dat hulle vir ‘n maand uitgegaan het. Ag fok my luck is ook uit. Ek wil nie sy seconds hê nie. Dit maak in elk geval nie saak nie, hulle lyk al weer of hulle uitgaan. Christmas tree se droeë doos van ‘n vriendin sit net daar en sê niks. Sy wil nou seker regtig hê ek moet haar begin op-chat. Ek sal nie. Die cherry moet my opchat. Ek is niemand se hond nie. Ek bly toe maar stil en verlustig my aan my bier.
Geo het gese hy en Christmas tree gaan net gou ‘n draai loop. Kort voor lank het ek en Lezel toe begin chat. Al wat ons gekort het was ‘n bietjie alkohol om ons aan te help. Sy is toe nie so bad nie. Sy wil graag met my dans. Ek is so lomp ek kan myself nie help nie. Ek spin haar ‘n kak storie dat ek my been seer gemaak het toe ek in die Alpe gaan ski het. Toe ek van die Alpe praat lyk dit of sy sommer nog meer geïnteresseerd is in my. Ek weet nou wat ek moet doen om haar in die bed te kry. Ek moet net lieg. Ek moet my lewe net beter maak. Ek hoef ook nie veel te lieg nie, aangesien ek en Charlize vele interessante internasionale reise agter die rug het. Na ‘n ruk vra sy my waar Geo en Suzaan (christmas tree) bly. Ek stel toe voor dat ons ook ‘n bietjie loop en gaan kyk waar hulle is. Toe ons opstaan stamp ek per ongeluk aan ‘n ander ou. Sy dop tuimel uit sy hande. “Probeer jy iets doen Doos!” sê hy. Nog voor ek iets kon se gee hy my ‘n taai klap. Sy vriende het gesien wat gebeur het, en sê hy moet dit los. Ek sê toe vir hom dat ek jammer is en dat ek vir hom ‘n nuwe dop sal koop. Op die oomblik stap Geo en Suzaan ook in. Ek sê toe aan hulle dat ek nou hier sal wees en dat ek net gou vir die ou ‘n dop gaan koop. Die ou stel hom toe voor. Shaun Willemse is hy. Die naam klink bekend, maar ek kan dit nie plaas nie. Toe ons klaar die dop gekoop het keer ons terug na die ander toe. Shaun-hulle se tafel is langs ons sin en ek stel toe voor dat ons moet saamsit. Ek en Geo het alleen gekom, maar die groep word net meer en meer. Vele vriende en vriendinne word toegevoeg. Almal praat en lag deurmekaar. Ek vra toe vir Shaun of ek hom nie van erens af ken nie. Hy sê toe nee en praat verder met Geo. Na ‘n tydjie se Shaun weer askies en sê dat sy meisie hom omgekrap het. Sy wil glo nie afstand van ‘n ander man af doen nie. Ek sê toe dat alle vrouens maar dieselfde is en vertel hom van my gewese vriendin wat my eers verlei, my huwelik opbreek, en nou saam met ‘n ander man is. Toe val dit my by. Die ander man se naam is Shaun. Ek vra hom toe wat sy meisie se naam is. Die naam kom soos ‘n dolk in my hart. Haar naam is Caty. Ek weet nie of ek vir Shaun moet sê dat ons dalk van dieselfde vrou praat nie. Jy het gesê ons sal goed oor die weg kom. Ons eerste ontmoeting was ‘n ramp. Ek is nogal lus om Shaun se reaksie te sien as hy moet weet, en besluit toe om hom te vertel. My wang pyn en daaroor sal ek hom maar ‘n bietjie emosionele pyn moet gee. Ek vertel hom toe wat ek dink en weet. Nou lyk hy spyt dat hy my nie harder gebliksem het nie. Hy se toe “so julle is weer saam”. Ek vertel hom toe dat ek gedink het dat hulle saam is.
Die drank vloei en almal is vrolik. Ek en Shaun beraam planne om jou ook om die bos te lei. Jy was nogal reg. Ek en Shaun kom baie goed oor die weg. Hy is nice. Te nice as jy my vra. Lezel lyk nie meer so beïndruk met my as vroeër nie. Ek het al my aandag aan Shaun gegee. Dit is al laat en Geo stel voor dat ons maar moet huis toe gaan. Shaun sê toe dat ek nog n ruk moet kuier en dat hy my sal huis toe neem. Ek sê toe aan Geo dat hy maar kan gaan en dat ek sal regkom. Ek het seker nog twee biere geniet toe ons ook maar besluit om huis toe te gaan. Ek en Shaun is alleen in sy motor. Ek beduie die weg na my woning. Hy tree nou weer anders op. Ek weet nou werklik nie wat om te doen nie. Wanneer hy die ratte verwissel gly sy hand heeltyd op my been. Hoe gaan ek hom sê ek voel ongemaklik daarmee. Hy stop die motor.
skrywer: Charl Viljoen

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | Slot
