Die woonstel is pas opgeknap en het grootliks leeggestaan. Phillip is ‘n baie eerbare kinderboekuitgewer, en deel ‘n kantoor met sy venoot Henry Loots, op die grondvloer van dieselfde gebou. Phillip stem teen sy sin in dat Henry die woonstel een aand leen om sy nuutste vriendin te “vermaak”. Terselfdetyd word Jeanette deur Linda, Henry se vrou, oortuig om dieselfde woonstel vir haar te leen sodat sy haar nuutste minnaar kan trakteer. Maar wat niemand weet nie, is dat die binnenshuiseversierder, wat die afgelope drie maande aan die wooonstel gewerk het, besluit het om vir die au pair, Sylvie, die nuwe, ronde bed te wys. En ja, dit alles gebeur op dieselfde aand!

by Atterbury Teater (Pretoria)

31 Jan – 2 Feb 2020

Vrydag, 31 Jan om 20:00; Saterdag, 1 Feb om 20:00 en

Sondag, 2 Feb om 15:00

Bespreek by iTickets

Groepe meer as 10 @ afslag: 0118153000

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar