My vrou se man se mannetjie
George en Linda Harper se 17-jarige huwelik het vir Linda roetine geword, maar dit lyk nie of George daarvan bewus is nie.

Wanneer sy hom met die probleem konfronteer, kry hy ’n vasektomie, wat natuurlik niks oplos nie, en besluit hy om die huis te verlaat. Linda besluit om beheer oor haar lewe te neem deur vir selfverbeteringskursusse in te skryf.

Die twee besluit om op ’n vriendelike voet uitmekaar te gaan en besluit om een prokureur aan te stel vir die egskeiding – hul beste vriend. Wanneer dit nie so mooi uitwerk nie, probeer George versoen deur vir Linda op die sitkamerbank te verlei. George se plannetjie werk nie so lekker nie as gevolg van die druk om Linda te beïndruk …

* Debuut *

Met: Edrien Erasmus, Cobus Venter, Francois van Rensburg, Marissa Claasen en Phillru van Achterbergh

Regie: Frans Swart

Beligting: Hugo Hewitt
Klank: Shaun van Eck
Verhoogbestuurder: Gustav van Rooyen
Bemarking en logistiek: Charl Senekal
Vervaardiger: Lefra Produksies

Genre: Klug
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: geen o/13 jaar
Tydsduur: 2 uur
Kaartjies: R155 (R170 by die deur)
Plek: SANW-ouditorium, Oudtshoorn
Datum: 29 Maart – 4 April 2018
KKNK 2018


My vrou se man se mannetjie

My vrou se man se mannetjie


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply