Die klug My vrou se man se vrou open met voorskoue by die Springs Stadsteater op 12 en 13 Maart om 19:00 in die aande. Daarna gaan die skaterlagklug KKNK toe in Oudtshoorn en speel by die kykNET Hoërskoolsaal elke oggend om 09:30 van 25-29 Maart 2020.

Regisseur Frans Swart sê dat Lefra Produksies besluit het om My vrou se man se vrou terug te bring verhoog toe. “Ons het dit in 2012 vir die eerste keer opgevoer en groot sukses met die man en sy twee vrouens gehad. Dit was net weer tyd vir ons om hierdie trefferklug weer verhoog toe te bring. Daar is ‘n nuwe generasie wat nog nie hierdie mal stuk werk ervaar het nie en ek glo almal gaan dit weer van voor af geniet,” sê Swart.

Maar laat John Smith, gespeel deur Phillru van Achterbergh, self vertel: “Ek is John Smith. Taxibestuurder. Ek is lief vir my werk. Maar die een ding waarvoor ek liewer is, is my vrou Mary. O ja … en my vrou Barbara. Ja, ek het twee vrouens. Alles het so goed gegaan, tot ek een aand! ‘n Hou teen die kop en ‘n ongeluk met my taxi en my skedules loop heel deurmekaar met Mary en Barbara! Gaan hulle van mekaar uitvind?”

My vrou se man se vrou se rolverdeling bestaan uit Phillru van Achterbergh (John), Botha Enslin(Stanley), Marissa Claasen (Mary), Juanita Mardon (Barbara), Thiart Li (Bobby en Fotograaf), Stefan Vermaak (Sers Trougton) en Etienne du Plessis (Sers Porterhouse). Die regie word waargeneem deur Frans Swart.

Besprekings vir albei speelvakke kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000. Groepe meer as 10 kry afslag deur vir Monica te skakel by 011 815 3000.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar