Die internasionaal bekende kontemporêre Afrika-dansgeselskap, Moving Into Dance Mophatong, tree vanjaar vir die eerste keer by die KKNK op.
Die program bestaan Flesh en Mzansi – Afrika Delight, ‘n versameling werke uit hul repertoire, energiek uitgebeeld in dansstyle soos Township Jive, Afrofusion, kontemporêre danse en tradisionele Zoeloe-danse. Uiteenlopende Suid-Afrikaanse kulturele identiteite word in die style bevestig.

