Blomme
- Plante wat in die winter begin blom en nou gesaai kan word is Calendulas, Yslandse papawers, nemesia, violas, gesiggies, vilette, Sweet William en Aquilegia.
- Behandel jou grasperk teen ruspes.
- Breek gereeld die dooie knoppe uit van jou rose om nuwe blomknoppe te stimuleer.
- Kyk uit vir swartvlek en poeieragtige meeldou op jou rose se blare. As jy tekens daarvan op jou rose het, behandel jou plante met Funginex, Folicur of Orius.
- Gee jou rose 8:1:5 kunsmis en maak twee keer per week goed nat.
Groente
Vrugte
- Maart is die tyd om sagtevrugtebome te voed met die laaste toedienning van bemesting vir die seisoen.
- Mango‘s en sitrusbome moet ‘n derde van hul jaarlikse bemestingstof kry.
