Dit is die vroeë oggendure in die nadraai van haar nuwe woonstel se daknatmaak. Hy is die laaste oorblywende gas. Die woonstel is ’n gemors en hulle ook . . . David Eldridge se skerpsinnige toneelstuk is ’n teer ondersoek van moderne verhoudings, met twee beskadigde mense wat aan die einde van ’n partytjie uitreik na mekaar. Dié stuk – sowel komies as aangrypend – vra vrae oor eensaamheid, bande tussen mense, menslikheid en intimiteit.
MET Cintaine Schutte en Carel Nel TEKS David Eldridge REGIE EN STELONTWERP Tinarie van Wyk Loots VERTALING Nico Scheepers OORSPRONKLIKE TITEL Beginning BELIGTINGSONTWERP Lize-Marie Wait VERVAARDIGER Cintaine Schutte
Datum(s)
4 April 2025, 09:30
5 April 2025, 18:00
6 April 2025, 13:00
Laerskool Van Reedesaal, Oudtshoorn