‘n Kleurvolle kwai aand

6 Desember is ‘n Kleurvolle kwai aand by die Klein Libertas-teater in Stellenbosch. Daar is twee produksies op die planke:

Drie Dae Meester

‘n Middeleeuse klug met Hilton Andries, Laetitia Solomons, Michelle Pietersen en Ralston Oliphant.

(20 minute pouse)

Mathilda en haar disconnection issues

Laetitia Solomons en Hilton Andries vertolk die rolle in hierdie komedie wat handel oor “disconnections” tussen ouers en hul kind as gevolg van social media.

Tyd: 20h00 Toegang: R50
Besprekings: 021 883 8164 of klt@klteater.co.za
(Kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees)

Lewer kommentaar

Leave a Reply