‘n Sondagoggend

Louw Venter is te sien in die Afrikaanse vertaling van skrywer Nick Warren se solotreffer Sunday Morning, wat benoemings gekry het vir beste nuwe Suid-Afrikaanse teks by die 2013 Fleur du Cap- en Naledi-pryse.

Rian is ’n suksesvolle fotograaf en sy lewe is presies soos hy dit wil hê – georden en ongekompliseerd. Tot die dag dat sy meisie hom vertel sy is swanger. Om dié ontwrigtende nuus te verwerk, gaan draf hy. Hy dwaal van sy gewone roete af en bevind homself in ’n onbekende deel van die stad waar hy ’n grusame ontdekking maak wat sy lewe onherroeplik verander.

Regie: Jenine Collocott

Aardklop 2103

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/13
Plek: Heimatsaal, Potchefstroom
Tydsduur: 55 minute
24 Sept. – 14:30, 25 Sept. – 15:00, 26 Sept. – 17:30, 27 Sept. – 20:00, 28 Sept. – 09:00

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar