#NAF Hinterland

Dis 1899 en die legendariese kolonialis Cecil John Rhodes kom in Kimberley aan, kort voor die Boere aanval. Sy nuwe sekretaris was die stigter van die ANC, Sol Plaatje.

Wat aanvanklik ‘n kopstampery was tussen dié twee, het later ontwikkel in ‘n vriendskap. Maar soos Suid-Afrika verander het, het die politieke realiteit ‘n wig ingedryf tussen die twee.

Cecil John Rhodes was dié imperialis, het Christelike waardes gepredik, maar rassisme bevorder. ‘n Man wat meeste historici as homoseksueel beskryf.

Sol Plaatje sou nie net onthou word as die stigter van die ANC nie, maar ook as een van Afrika se literêre reuse.
Hinterland is ‘n kykie na hoe gesprekke tussen die twee sou verloop.

Met: Martin le Maitre, Nhlankanipho Manqele, Peter Gardner, Frank Graham en Adam Dore
Teks: Duncan Buwalda
Regisseur: Caroline Smart

Nasionale Kunstefees 2013

tot 30 Junie
The Hangar, Grahamstad
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Ouderdomsbeperking: 15 jaar
Kaartjies: R60

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar