Sand, met Carina Nel en Marco Spaumer, is een van die min produksies wat in Afrikaans by vanjaar se Nasionale Kunstefees in Grahamstad aangebied word.
Ons sien hoe Mienke se lewe stadig deur haar vingers glip soos sand, sonder dat sy dit bedoel. Haar verlede word begrawe op ‘n strand, maar iets skort …
As dit die vir Jaco Bouwer was nie, kon dinge soveel anders gewees het.
Sand het in Maart vanjaar vir staande ovasies in Centurion gespeel, en was daarna uitgenooi om die nuwe PALI Teater in Pretoria te open.
Met: Carina Nel en Marco Spaumer
Regisseur: Quintin Wils
Teks: Jannes Erasmus
Biblioteeksaal, Grahamstad
2 – 6 Julie
Tydsduur: 55 minute
Kaartjies: R45




