JOHANNESBURG – Cape Ballet Africa keer terug na die Teatro by Montecasino met nóg ’n klassieke emosionele krisis: Swan Lake.

Die beroemde balle open op 7 Augustus vir ’n beperkte seisoen. Die verhaal volg prins Siegfried, wat verlief raak op Odette – ’n prinses wat deur ’n towerspreuk gedwing word om bedags as ’n swaan te leef. Soos alle gesonde verhoudings begin dit met ‘n vloek en eksistensiële wanhoop.

Cape Ballet Africa bring die produksie na Johannesburg met ’n rolverdeling van 50 dansers, weelderige dekor en luukse kostuums. Die choreografie is deur Elena Glurjidze, voormalige ster van die English National Ballet.

Vir diegene wat hul kultuur saam met ’n afslag verkies, is daar 15% af op sekere groepbesprekings. En aangesien Vrouedag gedurende die speelvak val, word mans herinner dat blomme verwelk, maar teaterkaartjies nog na maande onthou word.

Kaartjies kos tussen R220 en R720.

Swan Lake
Swan Lake

Lewer kommentaar

Leave a Reply