Jeremy James se “Tussen Hemel en Hel” is ’n kreet van volharding en deursettingsvermoë, en dra uiteindelik ’n diep boodskap van hoop. ’n Rou en eerlike boodskap oor die werklikheid van die lewe.

Daardie dae wanneer die wêreld swaar op jou skouers rus en dit voel asof jy tussen lig en donker (Hemel en hel) vasgevang is. Die lied praat van iemand wat deur moeilike, seer tye stap, maar steeds kies om nie op te gee nie. Selfs wanneer die lewe soos “hel” voel, bly daar ’n verlange na lig, na hoop, na iets beter. ‘n Herinnering dat dit so belangrik is om jou fokus te hou op dit wat hoop en betekenis bring — jou eie “Hemel”.

Die enkelsnit bring vars Rock elemente, maar voel tog baie kommersieel op die oor.

Jeremy James
Jeremy James

Lewer kommentaar

Leave a Reply