Die Klein Libertas Teater Koor maak hulle deure oop vir die publiek om te kom loer wat hulle alles aanvang.
Hulle eerste konsert vir 2013 vind plaas op 30 Mei en 2 Junie waar die koor gaan wys hoe hulle met ‘n eklektiese program van liedere soveel pret as moontlik kan hê, en die gehoor saam met hulle laat deel in hul reis. Saamgestel deur koorleier Rika Vermeulen, is daar sad songs, happy songs, verlang songs, funny songs, klassieke songs en lawwe songs. Elke lied gaan op ‘n unieke manier uitgebeeld word ,met die koor wat hoegenaamd nie stilstaan in rye met togas aan nie. Niks minder as wat ‘n mens van ‘n Teater Koor sou verwag nie!
‘n Skuinsklap-teater ervaring om nie te mis nie!
Datum: 30 Mei en 2 Junie
Met: Die Klein Libertas Teater Koor onder begeleiding van Rika Vermeulen
Tyd: 19h30
Besprekings: 021 883 8164 of klt@klteater.co.za
Kaartjies: R50 (volwassenes) R30 (Studente, Skoliere en pensionarisse)
Vir meer besonderhede en besprekings stuur gerus ‘n e-pos aan klt@klteater.co.za of skakel 021 883 8164