Oppiwa-waens, elk met sy eie kunstenaar, vertrek na verskeie gastefamilies in Jacobsbaai. Tydens die rit van sowat twee ure deur die stofstrate van dié klein kusdorpie, geniet gaste die spesiaal-ontwerpte vertoning van die kunstenaar. Ormonde verskaf hulle bekroonde wyne om tydens die wa rit en vertoning genuttig te word.
Aan huis van die gastefamilie word versnaperinge bedien voordat die tweede helfte van die vertoning op die terugtog voltooi word.
5 – 7 Februarie 2016, 17:00 tot 19:00
Weskusplek, Jacobsbaai
R265 per persoon
Oppiwa bied ook ‘n mark aan met stukke van plaaslike kunstenaars en ‘n vermaaklikheidstent. Daar sal wyne van Ormonde te proe wees met snuisterye vir alle smake. Die uitstallers en vermaaklikheidstente sal beskikbaar wees vir diegene wat bietjie saam wil kuier of wag vir hulle volgende wa.
Vrydag 15:00 tot Sondag 12:00
Oppiwa-program
