Oubaas is woedend vir 7de Laan, berig Simon Sonnekus.
“Ek is ingeroep en eenvoudig gesê my kontrak word nie hernu nie. Geen dankie vir 17 jaar se harde werk nie, geen dankie vir die 700+ episodes waarvan ek die regie gedoen het nie. Hulle het tot vandag nog geen rede verskaf waarom my kontrak nie hernu word nie,” sê Pierre van Pletzen, wat die rol van Septimus (Oubaas) van Zyl vertolk het.