Is die bar al oop? is die eerste vraag wat manne by ʼn kunstefees vra.

In hierdie klug is die bar beslis wawyd oop!

Popeye Smit en sy vrou Bianca-Joy berei ’n stylvolle Chinese ete voor vir hul dogter se skoonouers. Die skoonpa, dr. Neels Badenhorst is ’n snobistiese, pyn-in-die-alie narkotiseur en sy vrou, Roxy is ’n warm verpleegstertjie en ’n kampioen kick-boxer met ’n swak plek vir shooters.

Popeye kan Neels nie verdra nie en nog minder die pretensie waarmee die belaglike ete gepaardgaan. Tydens die ete en met die hulp van ’n paar doppe Saki rafel hulle behoorlik uit en ou komiese koeie staan uit die dode op.

Met so ’n spul uiteenlopende komiese karakters vlieg dubbelsinnighede rond en dinge begin regtig prettig handuit ruk. Teen die tyd wat die getroude kinders opdaag om na die trouvideo te kyk, bars chaos los en die kinders neem ’n vreemde, komiese besluit om die krisis te ontlont.

* DEBUUT *

Met: Esther von Waltsleben, Dion van Niekerk, Thys Heydenrych, Chanmari Erasmus, Ané van den Berg & Charl Henning

Regisseur: Nico Luwes

Teks: Nico Luwes
Tegnies: Adriaan de Ridder

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R137
Plek: Lowveld High School, Nelspruit
Datum: Do 6 Jul 16:00, Vr 7 Jul 10:00, Sa 8 Jul 15:00

innibos 2017


Is die bar al oop?


Is die bar al oop?


3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar