Voornemende deelnemers aan vanjaar se tiende Sanlam/RSG-radiodramakompetisie het kans tot 30 Junie 2006 om hul inskrywings af te rond en in te dien.
Totale prysgeld van R44 000 is op die spel in twee afsonderlike afdelings, naamlik vir gevestigde skrywers en beginners. Afgesien van die kontantpryse wat hulle toeval, word die skrywers wie se werk uitgesaai word, teen die bestaande RSG-skale daarvoor vergoed.
Hoe gewild hierdie kompetisie is, blyk daaruit dat 130 dramas verlede jaar ingeskryf is. Om die kompetisie ook vir gesiggestremdes toeganklik te maak, word die kompetisiehandleiding vanjaar vir die eerste maal ook in braille beskikbaar gestel.
RSG beoog om in April weer gratis slypskole vir voornemende deelnemers aan te bied om hulle aan die fyner kunsies van skryfwerk vir radio bloot te stel.
Volgens Terrance April, bestuurder: programme van RSG, sal die wendramas en ander verdienstelike inskrywings van 2005 in hul volgende dramaseisoen van April tot Junie uitgesaai word.
Kontakbesonderhede:
RSG:
Margaret (011) 714-2018 of faks (011) 714-6445 of e-pos Margaret@rsg.co.za
Terrance April {terrance@rsg.co.za}
Bestuurder: Programme RSG
Posbus 91312
2006 Aucklandpark
Sanlam: Martie de Lange (021) 947-5174 of martie.delange@sanlam.co.za
