Eendag lank, lank, gelede het Rian van Heerden elke jaar ʼn hoogs kontroversiële eenman-produksie na die planke gebring.

En toe? Wel, toe gaan maak hy vir ’n ruk moeilikheid op die ontbytprogram van Jacaranda FM!

Byna 6 jaar later en kort na sy uittrede as berugte aanbieder van The Complimentary Breakfast bring Rian (ook bekend as “daai bliksem in die oggende”) ’n splinternuwe eenman-vertoning na Innibos. Na sowat 1867 onderhoude doen Rian hierdie keer ’n uiters openbarende onderhoud met homself!

Rian sal baie indringende vrae aan Rian stel en Rian sal heeltemal te eerlik antwoord. Van gewig verloor tot gays, van “sheep shaggers” en Moses tot saansdansers en tokkelossies, van Grieke tot die Rand en wat regtig daardie aand in Mexico City gebeur het!

Verwag ’n vertoning wat soos gewoonlik iemand die saaldeur sal laat toeklap met verontwaardiging. Dis maar hoe ons hom ken, of hoe?

Maak seker dat jy nie hierdie vertoning misloop nie. Jy sal dalk spyt wees, maar nie hy nie …

* DEBUUT *

Met: Rian van Heerden

Regisseur: Rian van Heerden

Teks: Rian van Heerden

Genre: Eenmanvertoning
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 16 –
Tydsduur: 55 minute
Kaartjies: R127
Plek: Nelspruit Stadsteater
Datum: Do 6 Jul 19:00, Vr 7 Jul 09:00, Sa 8 Jul 13:00

innibos 2017


Rian met Rian


Rian met Rian


3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar