Tydens die Week Van Valentyn keer Nataniël terug na die Drostdyteater in Stellenbosch met ‘n splinternuwe vertoning, Rome ’62.

By ‘n kermis in die Vrystaat is daar ‘n stalletjie waar tweedehandse klere verkoop word. Tussen die rye moeë kledingstukke hang ‘n besonderse uitrusting, handgemaak deur ‘n gesogte Italiaanse ontwerper. Hierdie ontdekking is die inspirasie vir Nataniël se nuutste vertoning.

Van familiegeheime, welgeklede skurke, brandarm adellikes, beeldskone vreemdelinge, sorgelose tye, legendariese rolprente, tydlose radiotreffers, uitbundige modes tot die mees dramatiese ontwerpe! Met stories in beide Engels en Afrikaans, asook musiek, baie musiek, splinternuut en ses dekades oud.

Nataniël deel die verhoog met pianis Charl du Plessis. Kostuums is deur Floris Louw.

14 tot 18 Februarie 2023

Geen pouse

Geen selfone

Geen kortbroeke

Geen kinders onder 16

Kaalkopwinkel in die foyer

rome 62 nataniel 2023 poster
Rome 62 Nataniel 2023

Lewer kommentaar

Leave a Reply