SA en Swede dans saam

Struck Silent is die tweede produksie wat vervaardig is in samewerking tussen die Baxter Theatre Centre (in Rondebosch, Kaapstad) en die Sweedse Scenkonst Sörmland.

Die wêreldekonomie is die fokus van die stuk. Die choreograaf is die Suid-Afrikander Ananda Fuchs en die komponis is die Sweed Tebogo Monnakgotla. Die dansers is Gunilla Hammar (Swede), en Shaun Oelf en Thabisa Dinga (Suid-Afrika).

Die stuk is nog tot 13 September by die Baxter, daagliks om 18h30, met ’n matinée op 13 September om 14h00. Kaartjies kos R100.

Struck Silent
Struck Silent

foto: Oscar O’Ryan

Lewer kommentaar

Leave a Reply