Zietsman weer Agter glas

Elzabé Zietsman is terug op die verhoog met haar Agter glas van 2008.

Zietsman kyk met deernis na die gewone mens, die man op straat, die persoon langs jou. Sy is soms krities, dog is daar ‘n goeie porsie selfspot, lekker-in-die-stoel-sit lagtye. Almal van ons het een of ander tyd nodig om vir onsself te lag of net stil te word, weer perspektief te kry, daardie herstel periode, veilig agter ons eie glas.

Janine Neethling begelei haar.

By die Boer restaurant teater in Durbanville. Vrydag 12 September om 20:30. Kaartjies is R130. Bespreek by 021 979 1911.

Elzabe Zietsman en Janine Neethling
Elzabe Zietsman en Janine Neethling

Lewer kommentaar

Leave a Reply