Scrape is die storie van ‘n gewone vrou met ‘n ongewone probleem.
Toe Beth op ‘n dag val en ‘n paar skrape opdoen, kom sy agter dat haar vel nie op die gewone manier gesond word nie.
Scrape is ‘n eenvrouvertoning met Amy Louise Wilson. Die regisseur is Gary Hartley, teks deur Genna Gardini. Die stelontwerp is deur die ABSA L’Atelier en Sasol New Signatures finalis Francois Knoetze.
Scrape is by die Intimate Theatre op die Hiddingh-kampus van die Universiteit van Kaapstad vanaf 19 tot 24 Maart.
Kaartjies is R50 / R40 vir studente
Vervaardiger: Horses’ Heads Productions