Nadat sy sewe jaar gelede ‘n groot behoefte raakgesien het vir kwaliteit storieprodukte vir Suid-Afrikaanse kinders, het Anna Emm die onderwys verlaat om ‘n produksie-maatskappy te stig. Sedertdien het Anna Emm Productions al meer as 500 oorspronklike kinderstories op CD en 13 kinderteaterproduksies in die mark vrygestel! Die “Storieklub” is die nuutste reeks kinderstorie-CDs uit hierdie oud-onderwyseres se pen.
Ouers kan nou inteken op Anna Emm Productions se “Storieklub”, en altesaam 96 splinternuwe stories op CD oor twee jaar ontvang. Die stories gaan oor ‘n klomp kleurvolle karakters – almal klein prinsies of prinsessies – wat op allerhande verbeeldingryke avonture gaan! Dit word in Afrikaans voorgelees deur Lorraine du Toit, en in Engels deur Tarryn Ross. Weereens word die stories ingekleur met lewendige byklanke en vrolike musiek.
Lede van die “Storieklub” ontvang elke maand 2 nuwe CDs met 2 stories elk. Daar is ‘n minimum lidmaatskapperiode van 3 maande, maar genoeg stories vir ouers wie hulle kinders se storieversameling oor 2 jaar wil opbou!
Ouers word aangemoedig om hierdie 96 stories sommer van baba-dag af vir hul kinders te begin versamel!
Vir meer besonderhede, besoek www.AnnaEmm.co.za of stuur ‘n epos na storieklub@annaemm.co.za. Kontak Anna Emm Productions tussen 09h00 en 12h30 by 021 558 0234.

