In dié toneelstuk, wat op die gelyknamige outobiografie van die skrywer Dana Snyman gegrond is, vertolk die akteur Wilhelm van der Walt ‘n hoofstuk in Dana se lewensverhaal waaroor hy lank nie gepraat het nie: sy ervaring tydens 1980’s. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van militêre diensplig. Dana word oneervol uit die weermag ontslaan, maar eers word hy in “Saal 24” opgeneem.
Die eenmanstuk is ‘n intieme blik op Dana se lewe tydens die doodsnikke van ‘n politieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorwin.
Die verhoogstuk is deur Johann Smith geskryf, Nico Scheepers behartig die regie en Leftfoot Theatre Productions is die vervaardiger. Seun ryg oor die laaste jaar toneelpryse in. Die stuk wen vyf toekennings by Momentum Aardklop en word as die wenner van die Woordtrofee vir die beste eenpersoonsvertoning by die Toyota Stellenbosch Woordfees aangewys.
Moontlik gemaak deur Innibos en Nati
Ouderdomsbeperking: 13+
Kaartjienota: Kos en drankies sal op eie koste beskikbaar wees.
Clarens Arts Festival
Clarens Primary School
25 April 2026

