Spectacular Spectacular 2

Na ’n wegholsukses en staande ovasies is hierdie uitverkoopte produksie te sien by Innibos Kunstefees.

Gaan kyk hoe van ons land se voorste dansers saam met ’n paar bekendes die verhoog aan die brand dans. Van klassiek tot kontemporêr, ballet tot gumboot, bied hierdie produksie jou iets van alles.

Shaleen Surtie-Richards lei die dansproduksie waarvoor Suid-Afrika gewag het. Bring jou tiener en jou ouma – die dansritmes gaan almal laat lekkerkry.

Met: Shaleen Surtie-Richards, Neels van Jaarsveld, Karen Zoid en dansers Ignatius van Heerden, Celeste Botha, Megan Erasmus, Charlie van Rooyen en John M Sithole
Regisseur: Carien Loubser
Artistieke direkteur: Ignatius van Heerden
Verhoogbestuurder: Mareli Olivier

innibos 2013

Datum en tyd: Vr. 28 Junie 10:00 en Sa 29 Junie om 17:00
Venue: Sanlam Nelspruit Hoërskool Ouditorium, Nelspruit
Tydsduur: 70 minute
Prys: R112

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar