Stoepstories The Show

Die storievertelkuns wat na vore gekom het in die TV-produksies soos Spies en Plessie en Maak ‘n Las word verhoog toe geneem in Stoepsories the Show – Afrikaanse humor op sy heel beste met ‘n bietjie musiek tussenin deur Ollie Viljoen en Valiant Swart!

Valiant Swart en sy band is al op die SA musiektoneel sedert Februarie 1990. In hul tienjarige bestaan het die “boererockers” reeds 9 CD’s gemaak en oor ‘n honderd nasionale toere gedoen. Daarby het hulle al ver oor ‘n duisend vertonings in klubs en ander venues gelewer, asook dosyne optredes by feeste landwyd: Oppikoppi, Wingerdstok, Houtstok, Grahamstad, Up the Creek, Hangklip, Rustler’s Valley, Oudtshoorn, Splashy Fen, verskeie kampus-joolfeeste, noem maar op; hulle was daar. Op die verhoog is hierdie ouens ‘n belewenis. Kragtige, kitaar-aangedrewe rock word afgewissel met sielvolle blues-ballades, Boland-styl.

Oor die jare heen het vele band members al gekom en gaan. Valiant sê hy het al band members afgestaan aan “ander bands, oorsese girlfriends, regular jobs, die army en die dood.” Na hul vierde farewell gig het hy eers besef dat die band nooit rêrig sal ophou voortbestaan nie – “dat daar maar altyd iemand nuut sal bykom en dat die sound en repertoire maar net dienooreenkomstig sal aanpas.” Die band bestaan uit:
Barry Steenkamp – baskitaar
Simon “Agent” Orange – Hammond-orrel en klavier
Vernon Swart – dromme
Basson Laubsher – elektriese kitaar
Valiant – sang, elektriese en akoestiese kitare en mondfluitjie

Ollie Viljoen (Rudolph Petrus Viljoen) woon tans op Sandbaai naby Hermanus in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Hy het aan die Afrikaans Hoërskool Vereniging gematrikuleer, gestudeer aan die Universiteit van Pretoria (MBCh BI) met latere in diens opleiding as Televisieregisseur by die SAUK en ‘n musiek-kursus by die SADF. Ollie speel rugby vir Transvaal Hoërskool in 1956/57, daarna vir Transvaal onder 19 en Tukkies en Noord Transvaal onder 20.

Vanaf 1960 tot 1972 was Ollie beroepsmusikant waarna hy ‘n pos by die Suid-Afrikaanse Weermag as Adjudant Offisier in beheer van reëlings vir vermaak, musiek en konserte vir die weermaglede en opleiding van musikante aanvaar. In 1980 word hy aangestel by die SABC in die afdeling Televisie-Verskeidenheid. Hy begin as Regisseur in 1982, senior regisseur in 1984, en uitvoerende regisseur in 1988 tot 1995.

Vanaf 1995 tot 2000 tree hy op as Vryskut Televisie Regisseur, is die program-organiseerder van KKNK, Aardklop, Witrivier Kunstefees en Kimberley Kunstefees. Gedurende hierdie tyd is hy deeltyds in diens van Stigting vir Afrikaans, reël vermaak vir die Rapport Fietsrytoer, dien op die Keurkomitee vir die musikante van die Lugmag, Weermag en Polisie en is ‘n beoordelaar vir Crescendo.

Die Televisieprogramme onder Ollie se regir sluit in: Platepraatjies, Teletreffers, Kom kuier Saam, George Shearing in South Africa, Heino in South Africa, SATV Boere-Orkes kompetisie, Spies en Plessie, Saterdagjolyt, Rugbykonserte in medewerking met Leon Shuster, Liedjieboer, New years Eve Spesial, In Camera, So Sta’die Manne, Maak ‘n Las en Kyk-innie-pot. Hy maak ook dokumentêre profiele van Errol Arendse, Boet Troskie, Piet Koornhof, Prof Chris Barnard, Steve Hofmeyer, Anton Goosen en Dr. Danie Craven en tree op as aanbieder van SATV Boere-Orkes Kompetisie, Oujaarjolyt met Dorianne Berry (1992) en FNB-Toekennings.

As uitvoerende kunstenaars tree Ollie op in: Late Night Session / Laatnagsessie (1984-1990) Jazz Trio, Koffiehuiskonsert, Platepraatjies en Teletreffers. Ollie word genomineer in 1986 vir ‘n Artes: Beste Verskeidenheidsprogram: SATV Boeremusiek-Kompetisie en ontvang spesiale toekennings vir die Nasionale Orrelkompetisie (1970: eerste prys), ‘n Artes in 1987: Beste Verskeidenheidsprogram : SATV Boeremusiek-Kompesisie, die ATKV se regisseursprys vir die beste TV Program (1988: Spies en Plessie), die OKTV-toekenning vir beste tradisionele opname (1989), die FNB SA music Award vir beste tradisionele CD (1995 en 1997) en ‘n Toekenning vir sy Bydrae tot Afrikaanse Kultuur (1999) en is in 1986.

In 1995 het Ollie met ‘n gesels en musiekprogram, Stoepstories by die KKNK begin met Jan Spies, Tolla van der Merwe en Nico Nel en vanaf 2001 tot 2004 vergesel hy Suid-Afrikaanse kunstenaars, soos Anton Goosen, Valiant Swart en Albert Frost na London vir Ukkasie. Dààr het die nuutste CD van Ollie en Valliant Swart so pas (Maart 2007) verskyn met die titel: Vuur en Vlam. In die lig van hierdie suksesvolle samewerking tussen Valliant en Ollie word daar ‘n Europese toer in die tweede helfte van 2007 beplan.

Ollie het vanaf 1958 tot 2007 al verskeie CD’s en opnames die lig laat sien. Dit sluit CD’s saam met Rina Hugo, Anton Goosen, Karin Zoid en ander in.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply