Stoutgatpassie

Die twee grapjasse van Joe Barber-faam probeer kop of stert uitmaak oor wat die gesag van die kerk en staat in die nuwe Suid-Afrika nou eintlik beduie.

Die oorspronklike Italiaanse stuk, Mistero Buff o, is deur Dario Fo geskryf wat in 1997 die Nobelprys vir letterkunde ontvang het. Fo se afkeur in alles wat met sier en seremonie te doen het en sy aweregse kyk na die aardse lewe van Christus en die lydingstydperk is ‘n tydlose satire wat homself al in vele gedaantes omvorm het.

Stoutgatpassie is ‘n kleurryke vermenging van Kaapse en Standaardafrikaans.

Met Oscar Petersen, David Isaacs, Mbulelo Grootboom en Bronwyn van Graan.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar