Sussie is nou suur

Sussie kyk na almal om haar en kyk dan herhaaldelik in die spieël. Hoekom is die plaasbotter dan so dik gesmeer aan ander mense se brood (vir sommiges, op BEIDE kante) en sy moet tevrede wees met ´n paar kolletjies poli-unsaturated, waterige margarien op haar brood?

Sussie is nou suur, en sy gee nie ´n dêm om wie dit weet nie, want die vetkolle van haar grootword slaan soos dougnut polkadots deur die bruinpapier van haar beleefdheid. En dié beleefdheid gaan nou enige oomblik skeur…

Marion Holm is ´n gesoute aktrise wat deesdae groot naam maak met haar werk in Casper De Vries se Die Casper Rasper Show en Haak en Steek. Marion fokus die afgelope paar jaar meestal op vervaardigingswerk vir televisie en is sopas op die verhoog gesien in die bekroonde Jong Dames Dinamiet saam met Margit Meyer-Rödenbeck en in Anna se Engel saam met Pedro Kruger. Marion se stories en aweregse siening van die wêreld maar haar komedie uniek en haar impersonasies sal sorg dat die gehoor hulself van hulle stoele af gaan lag. Die regie word waargeneem deur Hennie van Greunen, die bekroonde storieverteller, wie se CV lees soos ´n lys van die mees opwindende produksies wat die afgelope paar jaar landwyd te sien is: Blougat, Lyf, Junkiedrome, Wydekloof , Café Boerlesque!, Die Laaste Aand, Pello, Anna se Engel en Jong Dames Dinamiet, produksies wat steeds opgevoer word tot staande ovasies.

Hierdie splinternuwe vertoning, Sussie is nou suur, het geopen by KKNK 2004 voordat dit die land vol toer en gaan Marion se reputasie as die snaakste vrou in Afrikaans, van voor af bevestig.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Terug pieng: Die Tafel Roekeloos
Lewer kommentaar

Lewer kommentaar