Strooijonker is ’n desperate poging deur Lukas Basson om ’n strooijonkertoespraak by sy beste vriend, Jean Voster, se troue te maak.
Maar Lukas is nog al die jare verlief op Jean se bruid, Cheryl Lieberman, ’n ou skoolvriendin.
Die kombinasie van hoë emosie en gratis vonkelwyn is net een te veel vir dié stomme man. Hy raak gou die pad byster en voor hy kan keer, bevind Lukas hom kniediep in die Vosters, die Liebermans en sy eie vuil wasgoed – ten aanskoue van die ganse geskokte trougeselskap.
Niksvermoedende lede van die gehoor word gou uitgeken as onder andere Jean, Cheryl, hul ouers en ’n paar ander karakters uit Lukas se uitdagende lewe.
Dis ’n skreeusnaakse en hartroerende komedie, wat die gehoor uitnooi om deel te wees van die drama en die kollig skyn op die onrealistiese eise wat ons aan onsself by sulke geleenthede stel.
* Debuut *
Met: De Klerk Oelofse
Regie: Louw Venter
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 14 –
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R100
Plek: Die Parlement, Oudtshoorn
Datum: 9 April 17:00; 11 April 14:00; 12 April 17:00; 13 April 14:00; 15 April 14:00
KKNK 2017
Strooijonker
Strooijonker
Roekeloos
3.5