Suikerbos

Die kort en roekelose lewe van ‘n vastrapkoning.

Hy het flambojant aangetrek en wild geleef, mampoer gesuip en meisies betower. Vir vyf asemrowende jare die land aan die brand gespeel met rou, vurige en aardse boeremusiek. Hy was … David de Lange, Vastrapkoning van die Witwatersrand.

“Suikerbossie”, “Jy is my liefling” en “Waar is Moeder” is maar ‘n paar van die liedjies wat De Lange bekend gemaak het en wat tot vandag nog deur die volk gesing word.

Ian Roberts is nou te sien in Suikerbos, ‘n eenmanvertoning wat die verhaal vertel van die lewe van ‘n briljante musikant en rebel wat 60 jaar te vroeg vir sy tyd geleef het.

Die teks is geskryf deur Rian Malan en regie behartig deur Albert Maritz.

Suikerbos is ‘n komedie vol polka’s, vastrappe en sommer ‘n hele hoop patos!

Dis gebasseer op die produksie Die Nagloper wat groot opslae gemaak het tydens Aardklop ’07.

Nou te sien by die Pierneef Teater in Pretoria op 20, 22 en 23 Februarie 2008.

Met Ian Roberts as Dawie de Lange en sy makkers, die boeremusiek rebelle van die Dertigs …

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar