Die Suid-Afrikaans-gebore danser Daniella Venter gaan dié week haar pointe-skoene in Johannesburg vasgespe en by die WGRUV Dance Company aansluit as gasdanser in Highlights: Tracing the Line — ’n produksie wat van 20 tot 23 Augustus by die UJ Arts Centre aangebied word.

Venter het reeds op vierjarige ouderdom met ballet begin en op 15 onder Karen Beukes se leiding verder ontwikkel. Op 18 het sy Duitsland toe verhuis om haar professionele opleiding aan die Staatliche Ballettschule Berlin voort te sit. ’n Mens kan dus aanvaar dat haar “ek kan nie, ek het twee linkervoete”-fase redelik vroeg geëindig het.

Highlights: Tracing the Line bring ’n keur van kontemporêre en klassieke ballet saam, met choreografie deur internasionale name soos Jessica Lang, Lauren Lovette, Jesse Obremski en Robyn Mineko Williams, asook WGRUV se eie Holly en Lex Gruver. Kortom: genoeg choreografiese vuurkrag om selfs diegene wat normaalweg dink ballet beteken net mense wat baie ernstig na hul tone kyk, te oortuig.

Ná Johannesburg skuif die produksie Kaap toe, waar dit van 26 tot 29 Augustus by die Homecoming Centre te sien is.

Kaartjies kos R220 tot R300 en is beskikbaar by Webtickets.

Daniella Venter 2026
Daniella Venter

Lewer kommentaar

Leave a Reply