Die danssensasie Tap Dogs is weer in Suid-Afrika.
Hulle het gister afgeskop met ‘n vertoning van 80 minute by die Teatro by Montecasino. Hulle dans daar tot 10 Maart wanneer hulle Kaapstad toe verhuis vir 16 vertonings in die Kunstekaap van 13 tot 24 Maart.
Die “Dogs” het ook nou uiteindelik twee vroue in die geselskap.
Kaartjies wissel van R100 tot R300.

(foto Ralf Brinkhoff)
