Terugblik op 2012

Januarie

27 – Reza de Wet – Die Suid-Afrikaanse dramaturg Reza de Wet is Vrydag 27 Januarie oorlede.

Maart

30 – Zak van Niekerk – Die sanger sterf in ‘n motorongeluk tussen Sasolburg en Parys.

April

24 – Annake de Villiers – Die bekende violiste is met ‘n skietwond aan haar kop aangetref. Daar is bevind dat sy selfmoord gepleeg het.

Mei

8 – Maurice Sendak – Die skrywer sterf in die ouderdom van 83.

17 – Donna Summer – Die Amerikaanse sangeres sterf in die ouderdom van 63 weens longkanker.

20 – Robin Gibb – Lid van die groep die Bee Gees sterf in die ouderdom van 62 jaar aan kanker.

Junie

5 – Ray Bradbury – Die skrywer sterf in die ouderdom van 91.

11 – Christa Steyn – Die pianis sterf in die ouderdom van 53 aan kanker.

Julie

31 – Gore Vidal – Die bekende Amerikaanse skrywer is in die ouderdom van 86 dood weens komplikasies van longontsteking.

Augustus

25 – Neil Armstrong – Die eerste mens op die maan sterf in die ouderdom van 82 jaar.

September

10 – Louis van Rensburg – Die Afrikaanse sanger en liedjieskrywer sterf weens longontsteking.

November

22 – Bryce Courtenay – Die Suid-Afrikaans gebore skrywer Bryce Courtenay is in die ouderdom van 79 oorlede.

23 – Larry Hagman – Die Amerikaanse akteur is in die ouderdom van 81 oorlede. Hy het kanker en sirrose van die lewer in die 1990′s gehad ná jare se probleme met alkohol.

Desember

5 – Dave Brubeck – Die Amerikaanse jazz-pianis is oorlede in die ouderdom van 91 jaar weens hartversaking.

Lewer kommentaar

Leave a Reply