Nadat hy meer as seweduisend keer alleen op die wêreldverhoë opgetree het, het Pieter-Dirk Uys geleer dat elke vertoning die eerste en die laaste optrede is – want elke gehoor eis en kry ’n ander energie, aktualiteit en opwinding. Nou in sy 76ste jaar kyk Pieter-Dirk nie terug na die suksesse en mislukkings wat sy geloof in ’n voortdurende verbetering van sy werk versterk het nie, maar na daardie klein wegwysers wat hom dwarsdeur sy lewe onbewustelik in ’n regte en oorspronklike rigting gewys het.
Die Boer, 23 Junie 2022, 20h30
Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of www.dieboer.com