The Passion Gap

Soli Philander bekyk Kaapstad en sy mense van nader. Jy sal onder andere die volgende karakters ontmoet: Gabieba Zuma-Gupta, ambassadeur van Kaapstad en Gadija, wat graag die gehoor laat praat, so hou jou reg.

Soli ondersoek die mense wat versot is op emmertoilette, snoekverlawing, ManU-ondersteuners, narsiste wie se hare nie wil reg lê nie, Facebook skinnerbekke, Blackberry-laaiers, die laaste Stormer-ondersteuners en radio-aanbieders met Suid-Afrikaanse aksente. Soli soek tans ook hard na ‘n eerlike politikus om oor te praat.

Soli gee ook ‘n paar plaaslike kunstenaars die kans om te sing, dans of grappies te vertel.

The Passion Gap begin 26 Julie by die Roxy Revue by GrandWest in Goodwood, Kaapstad en hou aan tot 14 September.

Kaartjies kos R78.

Soli Philander
Soli Philander

Lewer kommentaar

Leave a Reply