Marc Lottering is terug met al sy populêre karakters: Auntie Merle, Smiley, Galatia, Travis en Colleen die kassiere. Dié keer praat hulle almal oor lughawens.
Marc is van 26 Februarie tot 1 Maart by Die Boer in Durbanville, Kaap. Kaartjies kos R120. Besprekings: 021 979 1911.

