2014 Fiëstas-tyd!

Dis weer tyd vir die kykNET Fiëstas 2014 en hierdie jaar beloof dit om meer skouspelagtig as ooit tevore te wees.


Die kykNET Fiëstas 2014, wat reeds beskou word as die Oscars van die Afrikaanse teater-bedryf, sal by die ikoniese Staatsteater in Pretoria op 13 Februarie 2014 oorhandig word by ‘n geleentheid wat beloof om die glam terug in glamour te sit. Die tema is Voël Vry tot Vry, met ‘n pragtige perspektief op waar Suid-Afrika en Feeste vandaan kom en waarheen dit oppad is.

Vir die eerste keer word die geleentheid volgende jaar lewendig uitgesaai, wat die kykers by die huis die geleentheid gaan gee om in die opwinding te deel soos dit gebeur.

Die kykNET Fiëstas 2014 is ‘n trotse toonvenster van die stand en talent van die Afrikaanse uitvoerende kunste, en is ‘n klop op die skouer vir elke kunstefees en elke kunstenaar wat Suid-Afrikaners vermaak en met hulle talent raak. Die vyftien kategorië sluit onder meer in: beste akteur; beste aktrise; beste manlike byspeler; beste vroulike byspeler; beste regie; beste teaterontwerp; beste prestasie in ‘n musiekgedrewe produksie; beste spel in ‘n solo-vertoning; beste prestasie in visuele kunste, ens. Die benoemings word voorgelê aan ‘n onafhanklike beoordelaarspaneel wat al die feeste en produksies bygewoon het, en wat vier finaliste en die uiteindelike wenner(s) in elke kategorie deur stemming bepaal.

kykNET vereer ook drie kunstenaars vir hulle uitsonderlike lewenslange bydrae tot die kunste van Suid-Afrika. Laasjaar se toekennings vir hul lewenslange bydrae tot die bevordering van Afrikaanse teater en -kunste het gegaan aan Athol Fugard vir teater, May Abrahams vir musiek en PG du Plessis vir sy ikoniese werk op die gebied van letterkunde.

Teater legende en regisseur van die Fiëstas bekroningsaand, Ian von Memerty, gaan volgende jaar weer met ons sintuie toor met ‘n produksie van eersteklas gehalte. “Soos feeste reg oor die land sal die seremonie gevul wees met net die beste van wat die teater en musiek wêreld bied. Die bonuspunt van dié seremonie egter, is die asemrowende tegniese ontwerp wat al die geriewe van die Staatsteater benut om ‘n asemrowende televisie ervaring te skep,” sê von Memerty.

fiestasDie nominasies is:

Beste Akteur:
Chris van Niekerk vir Strip
Dawid Minnaar vir macbeth.slapeloos
Elton Landrew vir Bidsprinkaan
Stian Bam vir Trippie

Beste Aktrise:
Anna-Mart van der Merwe vir macbeth.slapeloos
Nicole Holm vir Oorsee
Nicola Hanekom vir Trippie
Sandra Prinsloo vir Die Leo’s

Beste Manlike Byspeler:
Charlton George vir macbeth.slapeloos
Gys de Villiers vir Bidsprinkaan
Marius Weyers vir Tango
Tobie Cronjé vir Die Leo’s

Beste Vroulike Byspeler:
Hannah Barnard vir Land van Skedels
Lee-Ann van Rooi vir Bidsprinkaan
Mary Dreyer vir Wie Drink Wat?
Lerato Motshwarakgole vir Land van Skedels

Beste Regisseur:
Jaco Bouwer vir Trippie
Janice Honeyman vir Bidsprinkaan
Marthinus Basson vir macbeth.slapeloos
Nicola Hanekom vir Land van Skedels

Teaterontwerp:
Jayne Batzofin & Christina Salvoldi vir Pruttel
Marthinus Basson vir macbeth.slapeloos
Nicola Hanekom vir Land van Skedels
Wolf Britz vir Oorsee

Beste Prestasie in ʼn Musiekgedrewe Produksie:
Amanda Strydom vir Ek Loop Die Pad
Dorothy Masuka vir Dorothy – 60 Jaar
Magdalene Minnaar vir Magdalene! Musiek vir die Silwerdoek
Schalk Joubert vir Die Wêreld Is My Woning

Beste Spel in ʼn Solo-Vertoning:
Antoinette Kellermann vir My mense
Chris Vorster vir Affairs vir Domkoppe
Gys de Villiers vir Wit manne se wapens
Tobie Cronjé vir Ballade van ʼn Banggat

Beste Nuutgeskepte Afrikaanse Opvoering:
Nicola Hanekom vir Land van Skedels
Nicola Hanekom vir Trippie
Saartjie Botha vir Bidsprinkaan
Tertius Kapp vir Oorsee

Beste Opkomende Kunstenaar:
Jayne Batzofin vir Pruttel
Ludwig Binge vir Wie Drink Wat & macbeth.slapeloos
Nieke Lombard vir Pruttel
Die Ensemble van Te veel vir ʼn coloured girl

Beste Prestasie in Klassieke Musiek:
Die Kaapse Jeugkoor vir Om die wêreld in 80 minute
Luis Magalhäes & Nina Schumann vir 2 Pianists
Minette du Toit-Pearce, die US Perkussieduo en Philippus Hugo vir Openingskonsert wat ʼn ATKV Pryswennerskonsert is
Petronel Malan vir Petronel Malan – Klavieruitvoering

Beste Prestasie in Dansteater en Fisieke Teater:
Braam du Toit vir sy komposisie in Run
Nicola Elliot vir Run
Steven van Wyk & Thalia Laric vir hulle choreografie in “Skoonveld” in PLASTIC

Beste Prestasie in Visuele Kuns:
Diane Victor vir No country for old women
Jan van der Merwe vir Tyd en Ruimte
Olaf Bisschoff vir Streeksbiblioteek

Beste Musiekgedrewe Produksie:
Bravissimo! The South African Sopranos
Dorothy – 60 Jaar
Opera Nostalgie: Eoan 80/Verdi 200
Schalk Joubert – Die wêreld is my woning

Beste Aanbieding:
Bidsprinkaan
Land van Skedels
macbeth.slapeloos
Trippie

Lewer kommentaar

Leave a Reply