Land van skedels

Land van skedels is ’n ruimtelike drama wat kyk na die Anglo-Boereoorlog en veral na die konsentrasiekampe.

Saam met die groep gesoute akteurs word die horlosie teruggedraai na 1899 – ’n tyd wat die swaarkry, dapperheid en vasberadenheid van ’n volk vergestalt.

Alida Badenhorst het die volgende oor haar ervaring in die kamp gesê: “If you enter the camp, it feels as if God has
forsaken you.”

Met onder andere Tinarie van Wyk Loots, Deon Lotz, Grant Swanby, Wilhelm van der Walt en Magdalene Minnaar.
Teks en regie: Nicola Hanekom
Musiek: Braam du Toit
Klankontwerp: James Webb
Choreografie: Fiona du Plooy
Vervaardiger: Haas en Kaas

Gehoorlede moet asseblief warm klere saambring.

* Première *

Aardklop 2103

Genre: Drama
Taal: Veeltalig
Ouderdomsbeperking: Geen
Plek: Slagveld, Potchefstroom
Tydsduur: 80 minute
Kaartjies: R100
24 Sept. – 17:45 en 20:00, 25 Sept. – 17:45, 26 Sept. – 17:45 en 20:00, 27 Sept. – 17:45

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar